Sagte reën

Die sagte reën loop in smal stroompies teen die ruite van my siel ek mis die wasem van jou teenwoordigheid
die klank van jou stem vibreër nog op die water van ons dam
En ek verlang
Jou hande streel nie nou oor my lyf
die kykers van jou oë is weg gedraai van my
Maar ek verlang
Geen maanligaande in jou arms
jou liefdeslied hoor ek maar net op ‘n CD
‘n lied sonder naam het jy dit vernoem
Woorde waarmee jy my besing
voel jy steeds so wanneer jy dit sing ?
Dink jy terug aan daardie dag toe ek jou die woorde bring ?
Steeds is ek die een wat verlang
op ‘n reëndag, geen vooruitsig vir ‘n eendag
Net ‘n verlangdag
‘n lied geskryf in die reën

Posted in Gedigte.

Leave a Reply