Saam met die sonstrale

So saam met die son se strale, stuur Ek My genade. Ek bring vir jou lig om te kan sien. Ek gee vir jou ‘n rede om weer te glimlag. As jy luister na die voĆ«lgesang, sal jy hoor daar is ook ‘n lied vir jou. Ek weet in die skemer mag dit lyk of jy verdwaal. Ek verstaan jy twyfel soms, en Ek moet jou vermaan. Maar weet jy is baie spesiaal. Stap op die spore wat Ek jou gee, sing die loflied wat Ek jou stuur, dans die passies wat Ek jou leer, dan, My geliefde kind, is jou werklikheid nie so seer. Kom na My toe en bring al jou vrae. Kom na My toe en rus vir ‘n oomblik. Weet dat Ek jou God is. Vertrou op My want Ek is reeds by more.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply