Saam met die sonopkoms

So, saam met die sonopkoms, het jy my lewe in gestorm.
Ek het nie gevra vir jou nie,
soos ‘n sonnestraal, het jy ‘n klippie voor my laat blink.
Ek sou met my kaalvoet daarop getrap het,
en my pad sou swaar gewees het,
alleen met net die wind in my ore.
Danksy jou, kon ek ‘n oomblik rus,
die gevaar om my raaksien.
Jy, met die diamantblink in jou oë,
Jy, met die veldgids in jou handpalm,
My aandster wat die donker horison verlig
Jy, my kaleidoskoop wat my swart in helderkleure verbrokkel. Saam met die son trek jy my trane op en laat dit oor my dorre kors reën. So, saam met die sonopkoms, bring jy die belofte van ‘n nuwe dag. Ek hoor weer vrolike musiek in jou lag,
niks is meer moeite om aan te pak nie.
My voetval is danspassies op ritme van die tango.
Jy, my sonnestraal wat my nag in dag kom verander het.
Ek is dankbaar vir die voetpad waar ons paadjies gekruis het.
Na die swaar opdraande in die donker het jy, saam met die son, my die nuwe pad kom wys.

http://www.facebook.com/hierskryfons/photos/a.981432278553907.1073741828.965301343500334/1038055616224906/?type=3

Posted in Gedigte.

Leave a Reply