Riviergesang

Op die koel oggendbries kom die reviergesang.
‘N loflied en dankseggen opgedra aan ons Skepper.
Die naguil maak vir oulaas sy laaste draai voor slaaptyd.
Hoe-hoe ? Vra hy hoe-hoe kan ek U genoeg bedank.
Die kabbelende revierstroom tem my eie siel tot rustigheid. Soekend, dwalend sweef my kykers oor die oorkanste oewer.
Maar ek weet dis nie waar my hulp vandaan sal kom.
Die roep van die Visarend klink soos ‘n smeekende ouer.
“Here, Here. Ag help net my kind asb”
Heer, so baie dankgebede behoort U te bereik.
Meer rustige stroomversnelling behoort in ons lewens te wees. Maar ons dryf soos soekende jasente en gebruik swak ankers. Neem ons loflied aan soos ‘n reviergesang.
Heer, bring ons siel tot stilte sodat ons die antwoorde kan hoor. Die son loer tussen die bergtop uit, sy dagtaak het begin.
Al is sy binneste aan die brand en al sou die wolke en bome sy strale keer, weet hy en besef hy hoe belangrik sy dagtaak is.
Iemand het sy hitte nodig vandag.
Heer, ons dank U vir nog ‘n wonderwerk gevulde dag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply