Ritme van die see

Soos jy asem haal en jou nat arms om my vou,
is ek salig onbewus van die geheime wat jy hou.
Soms is jy onstuimig en jou ritme slaan vas teen jou onafgebakende grens. Woedende blaas jy stoom af teen skerp kant van ‘n rots, jou onvervulde wens. Binne jou kook en maal dit van die lewe,
elkeen besig om een doel na te strewe.
Oorlewing en wegkom, vang en versadig word.
Nie deel van ‘n olimpiese sport.
Net oorlewing, net bestaan, net reproduseer.
En tog… Alles beskik deur die Hand van ons Heer.
Die ritme van jou hartklop word verander.
En soms slaan jy terug met ‘n besondere hoĆ« brander.
Jou ys is besig om weg te smelt en jy word warmer.
In die proses is soveel ander besig om te verarm.
Die dans van visse op jou ritme hou ons vasgevang.
Iets daarin maak my bang.
Nog so onbekend aan die mensekind,
die waarde wat ons werklik uit jou ritme vind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply