praat met my

Praat met my

Met die grasvlakte ‘n eintjie voor my uit
En die voëlgesang wat in my ore fluit.
Geen ander geluid behalwe die grassade wat in die wind sing, Dis die soort stilte wat jou tot bedaring bring.
Vêr voor my sien ek die lyn van die horizon wat effe buig
En voel die hunkering wat in my binneste begin juig.
Ver weg van motors en die geraas en woel van stad.
Ek voel hoe die stilte aan my siel vat.
Met spits ore luister ek na die wat die natuur vir my wil sê. “Kom, bring al jou sorge, ontspan, wees gemaklik terwyl jy hier lê” Die briesie wat teen my vas waai het sy eiesoortige geur.
En my oë verlustig hulself in die blomme se kleur.
Heer, vir ons lyk die natuur so rustig en kalm,
Hoewel daar baie klein dierjies rond skarrel, net ‘n oomblik talm En met een hap verteer word en verdwyn om as voedsel te dien. Heer, dis die gang van die lewe, ‘n kringloop van begin en einde. Ek voel ‘n rustigheid oor my siel neerdaal.
Ek voel die rede wat my bestaan bepaal.
Heer, dankie dat U nog met ons praat.
Dankie dat ons sulke grasvlakte oomblikke kry.
Heer, leer ons om na U stem te luister, gevul met raad.
Dankie dat sulke toenele van algehele vrede by ons mag bly.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply