Pleit gebed vir my land

Heer, elke dag sien ons die tekens van die eindtyd.
Elke dag word ons aangeval en gedwing tot ongeloof.
Ons word daagliks van besittings en geluk beroof.
‘n Klein persentasie mense dwing ons tot verwyd.
Heer, maar ons vergeet, die stryd is nie teen vlees en bloed. Die stryd is nie eens ons as mense s’n.
Heer, ek bid vir ‘n pragtige land, so mooi in die oggend gloed. Heer, ek bid dat die mense mekaar weer ‘n lewe gun.
Soveel siele reeds na U gegaan,
soveel trane en pyn vir die wat nog hier staan.
Heer, ons raak verbitter en opgeswiep.
Soos ons voorvaders in die tyd van die groot griep.
Heer, met ‘n hart wat brand van die rou seer,
sak ons af in gebed weer en weer.
Volhard in gebed is wat U van ons verwag.
Heer, maar U weet daardie woorde is moeilik as almal om jou vermoor word. Heer, bring daardie moordenaars voor U en maak hul harte weer sag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply