Paasfees

Die son loer oor die bergtoppe soos elke ander dag Jesus weet vandag is ‘n besondere dag, Sy lewensdoel bereik vandag ‘n hoogtepunt. Die mense dink hulle spot met Hom, dat Hy maar net nog ‘n mens is: “Waarom red Jy dan nie Jouself as Jy die Seun van God is?” Hulle verstaan nie: Jesus het juis ons kom red. Hy het aan die kruis gesterf in die vlees, vir jou het Hy Sy lot aanvaar en gedoen wat Hy moes. Selfs in die kruisdood was die simboliek van God-drie-eening. Drie kruise met Jesus in die middel. En selfs in daardie laaste oomblikke, vir oulaas op daardie pynlike dag, vergewe Hy ‘n moordenaar. En in Sy dood, vir daardie oomblik, het Hy vir ons die Ewigelewe kom bring. Die liggaam van elke mens kom eendag tot sterwe, maar ons siel sal vir ewig lewe. Jy kan lewe sonder Jesus, maar moet verseker nie doodgaan sonder Hom. Dis nooit te laat, ongeag van hoe jy lewe.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply