Pa Hannes

So al stappende en geselsende, hand aan hand, natuurlik.
Ek en my Pa.
Altyd iets opwindend om te sĂȘ.
Ons moet eers weer stop, want Pa ken die persoon wat aankom. Ja, dis hoe ek my kleintyd onthou.
Al was ek wakker het ek gemaak of ek slaap:
Wat is dan tog lekkerder as om jou stem so styf teen jou bors te hoor. Of die beskerming van jou krag soos jy my dra.
Vandag nog dra jy my.
Ek probeer ook mense help waar ek kan.
En ja, ek kan net so lekker en lank gesels.
My woorde en romantiese sy kom herinner my weer dat ek deel is van jou. En elke keer as die musiek speel voel ek jou ritme deur my are vloei. Ek glo Pa sien steeds al my gedagtes.
En ek glo Pa glimlag vir elke nuwe plantjie in my tuin.
Ja, ek mis Pa baie.
Dankie vir al Pa se liefde want dit het my geleer om ook liefde te gee. Tot ons weer sien.
10 is al reeds so gou verby, so Eendag sal ook gou weer kom. Pa se Mandy-kind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply