Otoya en Oslo

Otoya en Oslo

Heer, in afgryse luister ons na ‘n verhaal van haat
‘n Verhaal wat ons verbuisterd laat
Hoe kan mens hierdie dade in woorde omsit ?
Heer, ‘n hele nasie staan in pyn en smart
Die letters van swart op die wit papier kan nooit die pyn uitdruk En ‘n groot gat is saam met gebou se mure uit ons hart geruk En elke lyk van elke kind op daardie eiland voel soos ons eie Die verlies wat ‘n ouer voel sal nooit beksryf kan word
Heer, Heer, ons uitroepe van smart en seer is so oorverdowend soos die bom Heer, Heer, ons gevoelens lê soos die bakstene verstrooid
‘n Ramp uit ‘n mens se hand ?
Heer, die vrae oor die toekoms van elkeen in daardie land
Heer, U alleen sal kan berusting bring, want troos is nie moontlik Heer, U alleen sal kan oordeel oor so ‘n daad
Heer, vergelding is al waaraan mens kan dink
En tog sal dit ons plaas waar hy staan
Vergelding sal ons plaas in die hand van die duiwel
Heer, ons bid vir hierdie mense dat U hul sal beskerm

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply