Oppad

My gedagtes is stil vanaand.
Om my is dit bar en leeg.
Heer, sal U my hier kan vind ?
Hoe sal ek ooit kan weet?
Is hierdie ‘n afdwaal pad ?
Heer, waar is U vanaand op hierdie pad ?
Die lewe lyk soms so voorspelbaar leeg.
Die probleme by die werk.
Die huismense wat my nie verstaan.
Heer, hoor die ego van my speekgebed.
Omvou my in die wolk van U genade.
Heer, op hierdie eenrigting pad kan ek nie sonder U.
Laat my stop by ‘n oase.
Lei my moeë voete na die bosvloer.
Heer, laat my ‘n kortstondige oomblik by U oornag.
Vul my wese met U wonderkrag.
Op hier reis na U, o Heer, vergeet my nie.
Maak my rustig vanaand.
Waak oor my voertuig waarmee ek op hierdie pad ry.
Omring my Heer, met U liefde en genade.
Heer, laat my oë die mooi dinge op my pad sien.
Laat U seën oor my vloei.
Maak my dorre woestyn ‘n oerwoud in oorvloed.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply