Opgesluit

Die koue nag kleef aan my siel. Die nattigheid maak my voete sag. Vasgeketting in ‘n vertrek vol onthou. Die drup-drup van die water klink skerp in hierdie stilte. My stem het geen klank want hier is niemand wat my sal hoor. Om my is onsigbare gedagtes wat soos hande na my gryp. Net die klank wat drup-drup deur my siel. Wanneer sal die kettings van my afval ? Hoe lank nog moet ek hier wag ? Heer, net U ken die seer hier binne my. Net U kan hierdie kettings om my liggaam breek. Ek smeek U aanraking om die mure af te breek. Die stilte word verbreek deur voĆ«lgesang. U het my smeking gehoor. U het die mure om my laat val. My hande is vry om na U op te hef. U is my God, my redding. Nou kan ek weer juig en spring en dans. U het my vrygespreek. Geen kettings. Geen stilte meer. My siel kan weer loof en prys.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply