Op ‘n kroegstoel

Hy sit daar eenkant op ‘n kroegstoel.
Die musiek is vrolik, maar sy gesig is stroef.
Hy dink weer aan haar.
Haar glimlag.
Haar sagte woorde.
Maar dit was lank gelede.

Koor
Sy kon altyd so onvoorspelbaar wees.
Haar glimlag is so verleidelik.
Haar sexy lyf nooi jou vir ‘n dans.
Die uitdrukking in haar sagte oë.
Sy was altyd anders.
Maar dit was lank terug.

Hy sit elke aand daar.
Sy gedagtes wentel om haar.
Hy sien nie jou mooi glimlag.
Vir hom is daar geen dag.
Die son se strale is koud.
Hy het verdwaal in ‘n donker woud.

Koor

Sy whisky se ys is al gesmelt.
Die mense het al stil geword.
Die stompie se rook het al op geraak.
Maar hy wag daar vir haar.
Dalk sal sy weer by hom kom sit.
Dalk sal haar sagte stem hom weer bereik.

Koor

Uit die donker kom sy aangestap.
In stilte vat sy liggies aan sy hand.
Haar warm lyf so styf teen hom. Stadig in die rondte op maat van die wysie in sy kop. Dis al wat hy het.
Eenkant op die kroegstoel.
In die halfdonker hoek.

Koor

Posted in Gedigte.

Leave a Reply