Op die aandwind

Op die aandwind roep my stem na U.
In die maanskyn fladder my vrae na U.
Soos ‘n ui huil my siel “Hoe..hoe”
Soos ‘n waterval stort my hele lewe in duie.
Heer U hulp word afgesmeek deur biljoene mense elke dag.
“Waar is U, Heer?”
Ek weet U is altyd naby, maar soms lyk dit nie so.
Heer, ‘n moder huil by haar pasgebore baba se graf.
‘n Kind word deur ‘n oupa gemollesteur.
Heer, hoe vind mens vertroosting in ‘n troostelose situasie ? Hoe vind mens berusting as jou geliefde uitstap na jare se saamwees ? Hoe, Heer, maak mens vrede met jouself as jy bloed op jou hande het ? Heer, hoe keer mens die tsunamie in jou eie bestaan?
Hoe verander mens as jou besluit ‘n ander se lewe reuneer ?
Heer, U hou die antwoord op soveel vrae.
U Heilige Gees, altyd besig om ons ver bo dit als te dra.
Heer, U weet dat ons so maklik mistrap op die smal padjie.
Heer, daarom gee U vir ons elke dag ‘n nuwe maatjie.
Heer, U weet daar word baie rotse op ons pad gesit.
Dankie dat U altyd besig is om dit weer weg te rol.
Dankie dat U die meeste vir ons stukkend kap nog voor ons daar is. Heer, ek dra elkeen met vrae aan U op.
Dankie dat U ons so lief het, dankie Jesus.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply