Oorlog

Oorlog

Verskeur, verlate, verval
bebloed, betraan, betrap
liggaamlik, geestelik, fisies
Heer, net enkel woorde kan gespreuk word.
Is daar regtig enige wenners uit ‘n oorlog ?
Is daar regtig enige sin daaraan om ander dood te skiet ?
Stom geslaan, woordlose gebede, uitgestrekte hande
uitroepe van haat, deur mekaar gevoelens.
Heer, wanneer kom die son weer op ?
Heer, wanneer kan ons weer by die stroom buk om te drink ?
Heer, wanneer gaan ons U deur die stofwolke sien aankom ?
Heer, hoor ons uitroepe van hulp bo die klank van skote.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply