Oor die valei

Ek af oor die valei en sien U handewerk.
Elke klip en elke boom, hoewel deurmekaar, tog ook op sy plek. Elke klein gogga hard besig met spesiale taak.
Elkeen op sy pos, besig om te werk ‘n ander besig om te waak. Niemand kla oor sy lot, geen traan word gestort.
Tevrede en gelukkig om te doen wat hy die beste kan doen.
Vrolike sang van ‘n voel klink op,
die wind speel deur my hare en ek lig my kop.
Sover my oog kan sien weet ek U sien dit ook.
Ek weet die vrede in my hart kom van U.
Die glimlag wat aan my mondhoeke pluk,
die warm gevoel wat oor my hart kom le.
Heer, in dankbaarheid skryf ek hierdie gedig.
‘n Loflied word U toe gesing,
want liefde en vreugde is wat U my altyd bring.
Dankbaar vir my dierbare man, wat my lief het en verstaan.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply