Oom Daan

Omring in jou eie wêreld
waar liefde en geluk alles omvou het.
Toe gevou in ‘n wêreld wat gaan stil staan het.
Weg van vandag se geweld en seer,
maar wel omvou deur die verlange wat als verteer.
Heer, dankie vir die tyd wat U hom vir ons geleen het.
Dankie vir die voorreg om hom te kon leer lief kry.
Heer, ek bid vir sy geliefdes wat so na aan sy pyn en verlange geleef het. By U sal hy weer verenig wees met verlore geliefdes.
In die gees sal hy weer kan glimlag en niks sal hom kan aanraak. Heer, vul Ben en Annalie en die res van sy geliefdes,
se harte met al die wonderlike dinge van Oom Daan.
Heer, vat al die dae van seer en verlange na hul sterk vorse pa weg. Gee hulle die krag om mekaar te ondersteun.
Oom Daan, jy het ons almal aangeraak en jou raad en hulp was altyd vriendelik aan gebied.
Oom Daan, jou plekkie sal leeg wees, maar jou vriendelike lag sal altyd weerklink my ore. Rus in vrede my Oom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply