Onvergeetlik.

Ek wonder of jy kan onthou?

Daardie besondere dag;

met jou glimlag wat die donkerte laat verdwyn.

So tussen die varingblare deur,

met my kaal voete op die blaar belaaide vloer.

Ek onthou die koelheid van jou sagte woorde.

Jou groot growwe hand wat my gesig omvou,

Die voëlgesang het opgehou die oomblik toe jy praat.

Jou woorde so na aan my oor.

Jou fluistering wat so diep in my siel kom lê.

Van daardie dag af was jy al wat ek wou hê.

Jou gelyke het ek nog nooit weer gevind.

En niemand anders kon ek nog so bemin.

Elke varingblaar laat my glimlag.

En wanneer die voëlgesang skielik ophou,

soek my hele wese na jou.

Sal jy my weer eendag kom opsoek ?

Sal jy onthou van ons name in die boombas?

Jy, met die okkerneut bruin oë.

Jy, met die glimlag wat my siel so raak.

Die liefde wat jou aanraking uitstraal.

Nooit sal ek jou ooit kan vergeet.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply