Ontwakingsuur

Die voĆ«ltjies kondig van vroeg al die begin van ‘n nuwe dag aan. “Staan op. Staan op” juig hul harte saam.
“Kyk net wat ‘n lieflike dag, staan op.” Verkondig hulle.
Die nagdiertjies is bly julle kan gaan rus nou.
Die res strek hul bene.
Kom uit hul gate.
Kyk om hul rond.
Die kleintjies speel en skarrel.
Nie almal het die nag oorleef.
Iewers wag kleintjies dat hul ma met kos moet terug kom.
Daarom juig die wat oorleef het. Hulle is die nag weereens gespaar. Die veld ontwaak soos die lug van kleur verander.
Die onsekere swart en grys word mooi ligter skakerings.
Die son verreis stadig oor die horison.
Gee elkeen ‘n gelyke kans om te ontwaak.
Oor die dam verdubbel die mooi van die ontwakingskleed.
So mooi het U alles geskape.
So rustig en op die regte tyd val alles inplek.
Heer, bring die rustigheid van die ontwakingsuur terug in ons lewens.
Laat die onsekerheid van die nag plek maak vir die mooi skakerings van die oggend. Laat ons ook jubel en juig oor die ontwakingsuur.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply