Onthou

Onthou

Heer, dankie dat ek kan onthou hoe dit was in die begin
Dankie, want dit gee aan die lewe weer sin
Heer, sprei my glimlag tot buitekant vir almal om te sien
Die lewe is maklik as ons leef om U te dien
Bring ‘n stilte oor my gemoed in hierdie middaguur
U is die rede waarom die vreugde soveel langer duur
Heer, kom maak my stil om U liefdeswoorde te hoor
Jaag weg die duiwel wat ‘n wig tussen ons wil boor
Heer, neem my hand om U vrywillig te volg elke dag
Want dan hoef ek niks te vrees en kan ek lag
Neem oor my gedagtes en gee goeie dinge om aan te dink
Want deur U oë sien ek ‘n wonderlike toekoms wat wink
Heer, lei my voete om in U spore te trap
Maak my voetval lig terwyl U langs my stap
Al sal daar dae kom wat ek voel of ek onvas op my voete staan Dan kan ek weet dat U U liefdevolle arms om my slaan
Heer, in U Hand voel ek veilig en warm
Met U in my huis is ek nooit arm

Posted in Gedigte.

Leave a Reply