Onthou

Onthou jy nog, toe ons kinders was ?
Sorgeloos het ons gelag
niks kon ons onder kry
die aande wat ons in die strate kon baljaar
Geen vrese oor waarheen of wat ons gaan doen nie
Net jy en ek
hand aan hand met jongmens harte vol drome
wat het geword van ons ewige drome
waar is die twee brawe siele dan nou
opgeneem deur leemtes wat ons geskep het?
Vernietig deur verkeerde besluite ?
Vertrapte drome wat onder in die kas gebêre is
Onthou jy ons belofte aan mekaar ?
Onthou jy jou spesiale woorde aan my?
Ek wonder waar is my guitarman
dra jy nog songs op aan my

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply