Ons loof en prys U Heilige Naam

Heer, ons dank U vir ‘n wonderlike dag
weereens laat U ons vergeet van die nag.
Heer, ons dank U vir geliefdes wat ons hele wese ken.
Heer, ons dank U vir nog ‘n siel vandag gewen.
Heer, U wonderdade is ver bo ons verstand.
Elke dag bewys U, U liefde aan ons.
Elke dag neem U iemand na U Vaderhuis.
Ons loof en prys U wonderlike Naam.
Jesus ons dank U vir U liefde aan ons bewys.
Deur die Heilige Gees wat in ons woon,
Begin ons elke bladsy nuut en skoon.
Heer, ons loof en prys U Heilige Naam.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply