Onbeskryflik is U wonderskepping

Onbeskryflik is U wonderskepping

Heer, onbeskryflik is U wonderskepping.
Geen aardse kunswerk kan kershou by U skeppings.
Met ‘n fyn kwassie het U vir ons die wolke kom teken vanoggend. Met die mooiste ligblou die hemel ingekleur.
Heer, met verskeie skakerings van groen en blou is die berge ingekleur. Met lag en liefde het U ons harte kom vul vandag.
Heer, dankie vir die voorreg om dit alles te mag aanskou en geniet. Heer, vul ons gedagtes met hierdie prag sodat ons vol moed kan aan gaan met ons dag taak.
Heer, vul ons gedagtes met liefde en wonderdade sodat ons almal tot seën kan wees vir wie U op ons pad sit.
Heer, laat ons U wil vervul deur ander van U liefde en wonderdade te vertel. Gee dat ons die verskil tussen reg en verkeerd kan onderskei Heer, vul vandag ons gemoed met selfrespek en respek vir ander en hul gevoelens Heer, vul ons met ‘n gevoel van geregtigheid
Kleur ons harte met die kleur van die reënboog
Laat ons die ligte kleure van die sonopkoms aan ander mense wys Heer, laat ons dade die kleur van U skoon lug op ‘n vars someroggend wees Heer, laat ons woorde die klank van die voëls se moresang dra Heer, laat ons aanraking die liefde wat U vir ons het na ander oordra Heer, laat U seen oor ons loop soos ‘n bergstroom na die winter. Help ons om die mooi van die natuur in alles te sien
Heer, vou U beskerming oor die person wat hierdie gedig lees. Dankie vir U wonderdade ook in my lewe.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply