Onbekend

Onbekend is jy vir my.
Hoe jy lyk maak geen verskil.
By Jesus is ons almal gelyk.
Sy bloed het gevloei om almal te red.
Hy verstaan ons vrees.
Hy het self eenmaal gevra oor Sy lot.
Al is Hy almagtig het Hy nie Sy lewe in Sy hande geneem.
Al is Hy deur vreemdelinge veroordeel het Hy nie in opstand gekom. Al is Hy wreed mishandel het Hy hulle vergewe.
Heer, ons vra dat U ons sal krag gee.
U sien hoe ons of ‘n geliefde siek word.
U ken die emosies wat ons ervaar.
Heer, ons leef in ‘n tyd waar ons regering U verwerp.
Ons leef in ‘n tyd waar werkloosheid ‘n hoogtepunt bereik.
U mense word aangeval en erg mishandel.
Heer, hoor en verhoor elkeen se smeek gebed.
Heer, ek bid vir elke siel vanmore.
Die wat hartseer het, Heer bring asb vertroosting.
Verlig asb die pyn van die siekes.
Heer, bring ‘n werksgeleentheid of finansiële verligting.
Heer, laat die mense wat nie in U glo nie se oë oopgaan.
Dankie Heer dat U ons beskerm.
Dankie dat ons altyd by U kan skuil.
Amen.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply