Onafskeidbare liefde

Soms oorval die gedagte my en dan voel ek hoe my w√™reld in een stort. As jy van my weggeskeur moet word…
Die gat sal nooit gevul kan word waar jou menswees deur my geweef is. My voetval sal lomp en skeef wees want jy is my skoene.
My rigtingwyser wanneer die nag donker om my vou.
My stem sal stil word en my woorde sal opraak.
Want jy gee my ‘n lied om te sing.
Jy gee klank aan my stem.
Ek het myself totaal aan jou oor gegee.
As jy van my ontneem word is my toutjies afgesny.
Soos ‘n pop sal ek bly sit.
Eenkant.
Sonder woorde.
Sonder ‘n rede om te lewe.
My liefde vir jou is soos ‘n arend wat hoog bo alles uitstyg. En die heel kleinste detail van ons saam wees kan sien. Sonder jou sal ek nie meer kan asemhaal.
Jy is my lewensaar.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply