Ompaaie

Elke dag stap ek maar so op en af.
Daaikant toe en terug.
Soms stop ek vir ‘n oomblik.
Net soms sien ek jou glimlag en dit help.
Die pad het nie altyd groenrobots nie.
Die teerpad is soms vol gate.
Maar die Here stuur gewone mense om die las ligter te maak. Hy gee vir ons ‘n pragtige sonopkoms elke more.
Soms wanneer ons langs hierdie pad moet stop gebeur wonderwerke. Die mooiste, fynste blom groei in dorre grond om hom.
Die mier dra ‘n stokkie veel groter as hyself.
Die Here sorg vir my in elke behoefte.
Hy sorg ook vir jou.
Raak rustig, want God is in beheer.
Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply