Om ons

Heer, oral om ons is hartseer.
Pyn en onregverdigheid het ‘n leefwyse geword.
Niemand voel meer ‘n ander se swaarkry.
Die lewe het so gejaagd geword.
Heer, maak ons weer rustig en gefokus.
Laat ons weer stilstaan by ‘n geliefde.
Soms het ‘n ander net ‘n gebed nodig.
Soms net ‘n paar woorde: Ek het jou lief.
Heer, ons het nodig om te weet ‘n geliefde kan vertrou word. Heer, ek bid vir elkeen wat hier lees.
Elkeen van hulle het U aanraking nodig.
Heer, laat ons weer met geloof en hoop bid vir mekaar.
Laat ons weer rustig met mekaar gesels en regtig luister. Dankie Heer vir U genade. Dankie dat ons enigetyd tot U kan nader.
Leer ons Heer om die verskil te ken tussen leuens en waarheid

Posted in Gedigte.

Leave a Reply