Om my

Heer, ek kyk om my rond en my hart skip a beat:
Waar en wanneer het alles so verander?
Ding wat in my kleintyd taboe was is aanvaarbaar vandag
Waarheen Heer is die mensdom se geloof in U?
So baie haat in so ‘n klein w√™reldjies. Geliefdes gee so maklik op en staan mekaar nie meer by nie. Soveel kinders soek liefde op die verkeerde plek.
Niemand praat meer met mekaar in liefde nie.
Heer, armoede en droogte, in die geestelike lewe het hulle beroof. As gevolg van werkloosheid het depressie en minagting U kinders oorgeneem. Heer, mense vul hul gedagtes met dinge wat hul van U verwyder. Mense na wie die gemeenskap opkyk het hul rug op U gedraai. Heer, bring ons terug in U omarming,
maak ons opnuut bewus van U teenwoordigheid.
Heer, raak elkeen weer aan sodat ons kan besef dis nie U wat weg is nie, maar ons wat weier om U wonderwerke raak te sien.
Dis ons wat ons doof hou teen U waarskuwings.
Dis ons wat verkies om self te probeer in plaas daarvan om op U te vertrou. Heer, laat geliefdes vir mekaar bid.
Laat kinders hul ouers vra vir raad.
Laat kinders weer leer van U liefde van kleinsaf.
Heer, ek bid vir ‘n hernude geestelike ontwaking in 2016.
Ek loof en prys U Naam vir U goedheid en guns.
U is die begin en einde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply