Om jou

Die wasem teen my siel se ruit, kruip op tot hoog teen die dak. Ek trek ‘n hartjie met my vingerpunt, my glimlag is effe, net genoeg om die pyn te verlig. Die gat is groot, wat jou weggaan gelos het. Die koue nag wind huil treurig daardeur. Ek voel die kloue van die aasvoëls wat elke stukkie vleis uittrek. Die vloer is koud waarop jy my laat lê, ek hoor steeds die laaste woorde wat jy sê: Ek gee nie om wat van jou word. My hande skryf die woorde, oor en oor, op my geheue se groot swartbord. Ek wil jou haat, want jy het my hier kom agter laat. Maar hoe vergeet ek jou? Hoe vergeet ek jou glimlag? Hoe vergeet ek jou? Jy’t my jou alles kom wys: En nou betaal ek die prys. ‘n Losprys wat my vir altyd gevange sal hou. Hoe kon ek dit weet? Nou moet ek jou vergeet? Dis koud hier op die vloer.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply