Oggend mis

Oggend mis

Voel My warmte deur jou are loop.
Sien die tekens van ware hoop.
My liefde dring stadig deur soos die son deur die mis.
Vra My alles wat voel jy benodig.
Maar onthou net My antwoord is seker en gewis.
Dra jou lewensgordel al voel dit vir jou oorbodig.
Want sonder die regte toerusting lyk die taak onmoontlik.
Die mis stuur Ek sodat jy kan fokus en op My vertrou.
Om jou lê die afgrond gevaarlik oop en rou.
Glo en vertrou in My oordeel oor jou lewe.
Want net Ek het die mag oor wie sal vir ewig sterf en wie sal na die dood bly lewe.
Die hel is ‘n werklikheid en so ook die hemel.
Wees nie bevrees voel net My werke in jou alledaagse bestaan. Dis belangrik dat jy die werklikheid van My wonders verstaan. Ek weet daar is baie pyn en onbeantwoorde vrae
Onthou net dat Ek alleen jou laste kan dra.
Fokus op jou bydra om My koningkryk te verkondig
En jy sal deur die mis My lig sien.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply