Oggend gebed

In die grys van die môrelig bring ek myself voor U, my God.
Gestroop van dit wat die wêreld van my weet.
Elke klein gedagtetjie is aan U bekend.
Al my drome lê mooi uitgepak.
Elke kommer het U eerste raak gesien.
Heer, stroop my van alle onsuiwerheid.
Gebruik my vandag tot U eer.
Laat my luister na die Heilge Gees wat my bewoon.
Help my onthou van hoe Jesus mense na U gelei het.
My Almagtige God en Vader, dankie vir die voorreg om te weet. Dankie vir elke seëning en U aanraking.
U ken elke fasset van my lewe.
U verstaan elke ootrede.
In hierdie grysoggend uur is ek dankbaar.
U is in beheer van my lewe.
Laat U lig deur my skyn vir elke eensame siel daar buite.
Amen

Posted in Gedigte.

4 Comments

  1. Eerstens Dank ek Ons Hemelse Vader vir Jesus wat aan die Kruis gesterf het dat
    ons mag Lewe! Baie DANKIE JESUS dat my naam in die Palm van U Hand Graffeer is!
    Ek sal Nie bang wees nie!…….Want U is Liefling in my lewe want ek weet Hy sal my nooit
    verlaat of begewe nie…….Dankie Pappa Vader !!! Ek Loof en Prys U Grote Lieflike Naam…

  2. Dankie Vader vir als elke liwe ding wat U vir ons doen.Ons as mens is baie ondakbaar op tye maar ons vra vergefnis o Heer.Dankie vir die oggend en help ons verder deur die dag.Amen

Leave a Reply