Oggend dou

Gedig op foto 1. Dankie weereens aan Leon Jacobs wat goedgunstelik hierdie pragtige foto aan ons geleen het.

Oggend dou.

My liggaam voel stram na die lang nag se stil lê,
my gedagtes steeds by jou.
Ek’s bly die oggend het aangebreek:
sonskyn sonder jou is beter as nagdonker sonder jou.
Al vorm die mistigheid wit kolle van niks, soos in my siel,
kan ek verder kyk oor berg en dal op die horison.
dalk sien ek weer ons drome op vlerke van die arend sweef
dalk kan die son se strale die donker vir ‘n oomblik verdryf Dalk, wie sal weet ?
Sal jou stem terug eggo as ek hard genoeg roep ?
hier van bo lyk dit of jou spikkel nader stap aan my
drome lê aan stukke soos groot ou bome ‘geval
Ek sal hier wag op jou,
tussen bergvaring en mos verskuil
hul enigtse water: die trane wat ek huil.
My siel bid vir jou,
die een sonder wie ek nou my toekoms moet bou.
Gaan loer in by www.facebook.com/hierskryfons vir die foto en ander gedigte

Posted in Gedigte.

Leave a Reply