Nuwejaars gebed

Ek slaan my nat gehuilde oë na bo.
My ken word deur my moeë hande gestut.
Heer, ek bid dat U al die ou gewoontes en seer sal weg vat. Heer, vul my siel met ‘n diepe dankbaarheid. Heer, help my fokus op dit wat goed is vir my.
Leer my om soos U lief te wees vir almal om my.
Heer, omvou my in U genade.
Heer, ek bid vir verdraagsaamheid.
Heer, ek bid dat U Heilige Gees ons in die nuwe jaar opnuut sal oplig. Stuur U Engele om namens ons teen die onsigbare te veg.
Heer, laat ons opnuut besef dat U ons enigste uitweg is.
Laat ons opnuut vir mekaar bid. Laat ons opreg omgee vir mekaar. Heer, dankie vir die wonderlike dinge wat met ons gebeur het. Dankie vir nuwe en hernude vriendskappe.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply