Nuwe jaar wense

Nuwe jaar wense

Heer, bring asseblief U seën oor die mense wat hierdie gedig lees Laat U Wil die rede vir hul elkeen se bestaan wees
Gee vir hulle innerlike vrede en laat hulle besef U is Vreugde Laat hulle met ‘n glimlag deur hierdie dag se dagtake werk
Heer, U liefde en wonderdade kan geen perk
Stuur U woorde om in ons mond te kom lê
Gee ons sagte woorde om vir mekaar te sê
Heer, raak U ons hande aan en maak dit sterk
Gee dat ons mekaar sal help en na mekaar uit te strek
Heer, smeer ons voete met U Heilige balsem en room
Gee dat ons ver sal loop om U liefdesdade te verkondig
Heer, laat U liefdeslig ook in ons oë skyn
Gee dat ons mekaar se pyn sal sien en mekaar by sal staan
Heer, kom woon in ons hart en maak ons rustig
Gee dat ons met ‘n sagter hart na ander se probleme kyk
Heer, dankie dat U die pad saam met ons geloop het
Dankie dat ons die nuwe jaar mag sien kom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply