Nuwe bundel nou beskikbaar

Bestel nou jul eboek by my. My nuutse bundel Strome van Lewende water met meer as 70 gedigte nog nooit voorheen gelees. Julle kan ook my vorige 3 bundels Elke donker wolk, Die dag daarna en Wanneer die vyeboom bot bestel. Dis elektronies beskikbaar so daar is baie voorraad. Het so een gedig vir julle ingesluit.

R150.00 per bundel of as jy almal bestel R500.00.

epos my gerus by boucher.mandy@gmail.com vir meer inligting.

Strome van lewende water

VOORWOORD

Goeie dag aan al my geliefde lesers. Soos gewoonlik is my gedigte lank reeds geskryf en steeds is daar geen naam vir my bundel nie. Terwyl ons bietjie rus in Mosselbaai onthou ek weer die pragtige tonele wat ons inwag oppad daarheen. Dis maar net ons wonderlike God wat sulke mooi tonele kan skilder. Sonondergange, sonopkoms, die see, die berge, elke dier het sy doel. Met die terug kom neem ek ‘n windpomp af terwyl die son se strale daar agter skyn. En hier tref die ooreenkoms my. Soos die dorre landskap van die Karoo smag na water, so smag ons sielle na God se water oor ons droeë en moeë liggame. Vir my is die Windpomp God self. Wat met perfekte werktuie – vriende, gedagtes, drome, gedigte, liedere- deurentyd Sy liefde deur ons siel pomp (die dam) en daar lê die water en wag vir ons om dit te drink. Soms kan die walle oorloop na ander mense sodat hulle hul dors kan les deur na ons te luister, of te kyk hoe ons in sekere situasies optree. Praat ons net van die Here of druk ons regtig op Sy knoppie en vertrou Hom regtig in ons optrede. Daar is so baie ooreenskomste tussen ons Drie-enige God en ‘n eenvoudige windpomp. Net soos God uit drie bene bestaan nl. Vader, Seun en Heilige Gees staan ‘n windpomp ook op drie bene en kan die een nie sonder die ander. ‘n Windpomp se dryfveer is die wind God se dryfveer is die vrug van die Gees. As jou binneste vuil is sal die water wat jy uitbring brak wees, nes ‘n windpomp wat by swak water is. As jy jouself met duister dinge ophou of nie God se seëniginge oor jou toelaat nie, sal jou fontein opdroog, en jy sal geen water voortbring vir ander mense wat jou nodig het. Elkeen van ons is deur God gekies om ‘n groep mense aan te raak. Somige menses al jy ken maar baie sal jy nie eers ken nie, maar hulle weet van jou en kyk op na jou. Mag jy jou doel kry aan die einde van hierdie bundel. Dis spesiaal net vir jou geskryf.

Heer, raak asseblief elkeen aan wat hierdie bundel lees sodat hulle sterk windpompe sal wees. Voed hul ondergrondse waterstelsel met U liefde en seëninge. Gee dat elkeen van hulle strome van Lewende Waters sal wees.

Amen.

Windpomp

Jy staan so sterk en verseker
Jou doel is eenvoudig en tog baie belangrik
Met drie bene om jou sterk te laat staan
Jy draai jouself om die beste te maak van dit wat jy kry
Jou ewebeeld kom van die Heer
Drie-enig met drie bene soos jy
God die Vader
God die Seun
God die Heilige Gees
Jou werking is om water uit die grond te haal
Water wat nodig is vir lewe
God gee ons lewenswater vir ons siel
God gebruik ook wat beskikbaar is om ons te bereik
Jesus is die lewensaar waardeur ons die Ewige lewe ontvang
Soos die wind jou waai om die sterkste stroom uit te pomp
So gebruik die Vader verskeie mense om Sy wil te laat geskied Jy blink uit bo die dorre aarde om lewe te gee
So kyk die Heer ook uit na ons belange
Wanneer jou ratte kraak en kreun onder die wind
Hoor ek die Heer se stem wat my van Sy liefde verseker
Soos ek jou sien blink in die son se strale
Weet ek my Vader se oë blink as Hy na my kyk
Soos jy trots staan om jou werk te verrig
Onthou ek om my werk ook met trots te verrig

Posted in Gedigte.

Leave a Reply