Net vir jou

Net vir jou

Vanaand bring ek jou voor die Heer se voete in gebed
Ek vra dat Hy fyn op al die klein dingetjies sal let
Ek bid dat Hy jou oë sag sal maak sodat jy die sonopkoms mag sien Ek bid dat Hy sagte woorde in mond sal sit, want dis iets wat elkeen verdien Ek vra vir ‘n glimlag om jou gesig mee te versier
Ek vra dat jy uit jou hart sal lag van die plesier
Heer, U ken hierdie persoon se diepste wese
U weet wat hy in stilte vra, sy diepste vrese
Heer, U alleen ken die rede vir sy lag en traan
U alleen weet waaroor sy besondere lewe gaan
Ek vra vir verligting van die las wat hy moet dra
Ek bid vir antwoorde wanneer hy struikel oor al die vrae
Raak U sy lewe aan op ‘n manier wat die grond onder hom laat bewe Heer, wees U die rede waarom hy lewe
Heer, bring ‘n glimlag wat deur sy oë na ander skyn
Laat hom sien hoe die wolke verdwyn
Heer, ek bring hierdie vriend nog nader aan U om vas te hou
Ek weet dat hy reeds sy lewe op U liefde bou
Heer, U wonderdade is ongelooflik groot en waar
Al voel dit soms die lewe druk so swaar
Heer, ons kan U net loof en prys
Want U liefde word elke dag aan ons bewys

Posted in Gedigte.

Leave a Reply