Net soos jy

Die silver maan se sagte aanraking in die donker nanag
die hoe-hoe van ‘n uil om die nagstilte te verbreek
die dowwe lig wat ver deur die digte bos skyn
die sagte aanraking van jou hand op my skouer wanneer ek eensaam voel: dis hoe jy is vir my. Die growwe stam wat die sagte binnekant van die boom beskerm Die helder kleur van ‘n gogga om sy vyand te mislei
die harlekyn se aangeplakte glimlag om sy pyn weg te steek
Dis wat jy vir my is.
Die sterk stroom wat kronkel deur die dorre aarde
Groot bome bly staande deur die droogte, gevoed deur die stroom visse lewe deur die water wat die stroom gee,
Dis wat jy vir my beteken
jy voed my siel
jy laat my lewe
jy hou my wakker
Jy, die stroom wat deur my dorre siel vloei

Posted in Gedigte.

Leave a Reply