Net jy

Ek kyk terug oor jou lewe en Ek sien jou trane.
Iewers het jy besluit om My van jou weg te stoot.
Eendag het jy besluit dat Ek jou nie meer lief het.
Waar sal jy daaraan kom ?
Jy is ‘n goeie belegging waarin Ek bele het.
Jou trane het My diep geraak.
Ek het eenkant gewag vir jou om My hulp te vra.
Ek wou so graag vir jou, jou laste dra.
Elke dag het Ek Engele gestuur om oor jou te waak.
Jy is ‘n belangrike deel van My legkaart.
Daar sonder sou die prentjie net nie dieselfde wees.
Laat My toe om jou gedagtes te rig.
Laat My toe om jou styf teen My vas te druk.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply