Nag wind

Die stilte van die nag bring sy eie bekoring
gedagtes wat my altyd tot voor jou deur bring
Die sagtheid van jou stem wat my vertroos
die hitte van jou boesem wat my verwarm
Die stilte van die nag wind bring jou lied vir my
woorde wat my laat onthou van jou liefde
die geraas om my word weg gedryf in die gedagte aan jou
Saam, waar ons twee alleen kan wees,
sonder ander se negatiewe invloed.
Saam, waar ons hand-aan-hand op die sagte mos kan loop.
Saam, waar ons hartklop die ritme van ons siel kan volg.
In die aan wind se stilte hoor ek weer die gebede van jou siel.
Ek luister na voedval want jy dra my. In die donker nag is jy my sterreprag. My superhero wat my kom optel in jou arms, soos Tarzan ontvoer jy my oor digte bosvloer.
My lewe het sin saam met jou, die donker nag laat jou net meer skitter. Vir altyd sal jy my superhero wees, my liefling vir wie ek so baie lief is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply