Naby jou

Wanneer ek naby jou is voel ek veilig.
Die maan se helder lig omring jou sterk figuur.
My vinger streel oor ontblote bors.
Ek voel hoe jou hart vinniger begin klop.
Jou asem blaas warm in my nek.
Stadig gee ek myself oor aan jou versoek.
Warm teen jou sterk afwagtende lyf.
Spesiale oomblikke tussen jou en my.
Albei bewus van die ander se opwinding en afwagting.
‘N wolk dryf stadig in voor die maan.
Maar selfs die donkerte daarvan kan nie die blink in jou oë verdof nie. Die nag is stil om ons.
Maar die bloed jaag deur ons are.
Verwyder van die woelinge van die dag.
Net bewus van nou en hier.
‘N verlede gevul van liefde en geluk.
‘N toekoms vol drome saam.
Saam met jou voel ek of niks my kan onder kry.
By jou kan ek myself wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply