Naaste liefde

Langs my lewenspad kom ek heelwat mense tee.
By sommiges verkies ek om tyd te bestee.
‘N woordjie gespreek in die wind.
Onbewus ‘n uitreiking na ‘n verlore kind.

‘N moeë siel wat wag op die antwoord van ‘n jarelange gebed.
Vergete die rede waarom hy nie meer ‘n lied het.
Vasgedraai in ‘n nagmerrie jaagtog.
Al wat hy sien is die beelde van ‘n gedrog.

Iewers in al hierdie gejaag na wind,
Is daar maar een ding wat hy wil vind.
‘N ware samaritaan,
Net iemand wat sal verstaan.

Waar is jou naaste liefde in hierdie laaste dae ?
Al ken jy nie die antwoord op ander se vrae.
Net ‘n vriendelike glimlag,
En jy sit sonskyn in haar nag.

Haal ‘n slag diep asem voor jy beginne skel.
Jy het nie gehoor toe haar suster haar bel.
Jy ken nie die rede waarom sy so ingedagte sit.
Raak liewer stil in jou binnekamer en bid.

Ons kan nie vir elkeen ‘n huis of klere gee.
Maar ons kan glimlag en sonskyn dae gee.
Ons kan luister na ‘n hartverskeurende verhaal.
‘N hand uitreik as iemand dink hy’t jou gefaal.

Soms op hierdie lewenspad van my,
Sit ek ook kop onderste bo, my hande in my hare.
Gaan nie net vinnig by my verby.
Vertoef, al is dit net ‘n oomblik, so las jy my drade.

Ons opdrag is om mekaar lief te hê.
So het Jesus vir Sy dissipels gesê.
Gaan uit en verkondig My Woord.
Drink van die Wyn, breek die Brood.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Pingback: Nuusbrief 25 Augustus 2013 - NG Kerk Lindenpark

Leave a Reply