Na die beeld van God

Het jy al gewonder wat dit beteken ?
Geskape na die beeld van God.
Hier word nie verwys na die uiterlike,
maar die innerlike skoonheid van die Gees.
Met ‘n glimlag na ‘n vreemdeling.
Die liefde wat Jesus vir ons elkeen het.
‘n Mooi siel weerspieël in jou oë.
Die skoonheid van jou siel weerklink in jou stem.
Die tree wat jy uit jou pad uit gaan om ‘n ander te help.
Die sagte woorde waarmee jy ‘n ander begroet.
Die beeld van God dra nie ‘n wrok.
Die beeld van God vergewe ‘n onreg.
Die beeld wat jy na buite stuur kom van binne jouself.
Jou hande vind maklik die wil om ‘n ander by te staan.
Jou voete vind gou die pad om ‘n ander te hulp te snel.
Leef volgens die Wil van God.
Maak jou hart oop vir Sy Gees om in jou te woon.
Luister na die Stem van God en jy sal vir Ewig leef.
Ons is elkeen geskape na die beeld van God.
Ons is elkeen gelyk aan mekaar.
Dis jou keuse of jy die mooi beeld van God wil uitdra.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply