‘n Vraende hart

Met ‘n hart vol vrae staan ek vanmore voor U: ek sien die pyn van die mense om my, ek luister na hul stemme vol verwyt, ek sit my hand van vertroosting op hul hang skouers, ek probeer die groot klippe uit hul pad rol. Heer, ek bring hul in gebed voor U. My eie krag is veels te min. My woorde klink na ‘n gebrabel. Heer, net U kan hulle red. Net U alleen kan weer hoop bring vir hul toekoms. Heer, dankie dat ek nou met ‘n glimlag kan voortgaan; want U het na my geluister, my gemoed is nou soos ‘n helder stroom, ek sien die gloed van sonopkoms, ek hoor die opgewonde tjirp van die voëls. My Jesus het opgestaan. Mag jy vreugde en vrede vind in hierdie oggend.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Is dit nie wonderlik om te weet ongeag wat, God is altyd daar. Elke dag vra ek God praat met my deur U Skepping En dan is Hy so getrou. N Sonsondergang of Sonopkoms, n klip, n stêr, n wolk. God se stem is orals hoorbaar.

Leave a Reply