‘n Verstommende verhaal

Die woorde vloei stadig oor die papier, die verhaal is ‘n profesie wat die mensdom verstom. ‘n Verhaal van ‘n Man wat gefokus gelewe het. Hy het dooies opgewek. Siekes gesond gemaak. ‘n Man wat reeds van kleins af Sy doel geken het. Maar selfs al het Hy geweet hoe Sy lewe sou eindig het Hy gedoen waarvoor Hy geskape was. Vir ons as mens is dit nie moontlik om te oordink. Soos die wind het Sy asem oor die mensdom geblaas: En almal het geweet dat Hy die Verlosser is. Jesus kon alles in ‘n oogwink verander, maar Hy het op Sy Vader vertrou. Hy het vir ons die dood kom oorwin. Dankie Jesus vir U liefde ook vir my.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply