‘N moeder

Soos ‘n sterk waterstroom.
Of ‘n groot ou eikeboom.
Soos ‘n watermeule wat voordurend loop.
Dis die liefde van ‘n moeder.
Soos die son wat maar net weer elke dag opkom.
Al is daar soms wolke wat hom keer.
Hy skyn maar net weer en weer.
So is die geloof van ‘n moeder.
Soms sal sy in die re├źn haar trane stort.
Soms sal sy wag vir ‘n harde donderslag voor sy praat.
Soms sal sy in stilte jou harde woorde aanhoor.
Maar altyd sal sy jou belange op die hart dra.
Soms moet sy vas staan al voel haar bene wankelrig.
Soms moet sy deur die donker nag alleen voortstruikel.
Soms moet sy, sonder beskerming, deur die woestyn stap.
Want ‘n moeder doen enige iets vir haar kind.
Dankie ma vir wie jy is.
Dankie ma vir elke ligstraal wat jy oor my laat skyn.
Dankie ma dat jy my so baie leer.
Dankie Heer vir iemand soos ‘n ma.
Heer, beskerm en dra haar.
Gee haar krag vir haar dagtaak.
Gee haar rustigheid en genoeg slaap vir die nag.
Ek is baie lief vir my twee ma’s.
Geniet jul moedersdag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply