‘n Kronkelpad

‘n Kronkelpad

Ons pad is altyd vol kronkels.

Nie een dag sal ons weet waar ons vanaand is.

Nie een dag sal ons weet wat ons teen vanmiddag sal doen nie.

Die volgende uur is buite ons sig.

Verskeie mense word op ons pad geplaas.

Sommiges loop ons lewe lank saam ons.

Ander sien ons net indie verbygaan.

Soms loop ons iemand langs die pad raak wat ons help met die papwiele van die lewe.

Ander kere is ‘n aanraking in die verbygaan genoeg om ons weer op die pad terug te dwing.

Heer, ek bid vir die mense wat ek op my pad raak loop.

U ken die ware rede waarom hulle daar is.

U weet of ek vir hulle ten doel is en of hulle eintlik daar is om my te ondersteun.

Heer, loop asb die pad saam met ons.

Hou ons in U omarming en laat ons mekaar dra en ondersteun.

Soms is die lewe vol kleur en die pad opwindend.

Ander kere is dit koud en lug is grys en toegetrek.

Heer, hou ons harte warm brand vir mekaar.

Help my om so op te tree dat ander mense graag deel wil wees van U Koningkryk.

Help my om die lig te wees in die wêreld.

Help my om werklik ‘n geestelike verskil in hul lewens te maak.

Heer, wees U die bestuurder van my lewe.

Wees U die EEN na wie ek soek wanneer ek onseker is.

Laat ek altyd U wil vir my lewe soek.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. What an inspiration. Please send me the latest posts. God bless. Could you please send in Afrikaans

Leave a Reply