‘N klein dankoffer

Heer, aanvaar asb hierdie klein dankoffer van my.
Soveel kere moet U luister na my klagtes.
Soveel kere huil ek oor my omstandighede.
Heer, te veel kere kyk ek vas teen my toe ooglede.
Maar nie vanaand nie.
Vanaand juig my siel.
U het my weereens gedra.
Heer, vir die soveelste keer het U die verskil gemaak.
Weereens het U my teen myself beskerm.
My trane is uit vreugde gebore.
My sagte geprewel is danksegging.
Heer, my beker loop oor.
U is so getrou.
So min sê ek dankie.
Heer, neem asb hierdie klein dankoffer aan.
Niks wat ek doen of sê sal genoeg wees.
Ek weet U sien die dankbaarheid in my hart.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply