‘n Hulproep

Heer, by U is niks onmoontlik.U hou ons altyd naby U,
al voel dit vir ons die las is te veel.
Heer, soms verstaan ons nie die pad vir ons voorberei.
My hulpkreet gaan vandag namens almal wat vêr van U voel.
Ons verstaan nie waarom siektes en moord op ons pad lê.
Ons verstaan nie waarom geliefdes wreed van ons weg gevat word nie.
Heer, ons verstaan nie waarom ‘n geliefde moet lei aan ‘n ongeneesbare skiete nie.
Heer, hoe verseker jy so iemand dat U hom lief het ?
Hoe oortuig mens so iemand dat U ‘n God van liefde is ?
Heer, dalk is my roepkreet vir myself.
Dalk is ek die een wat aan die hand geneem moet word.
Heer, so ‘n groot eer het U my aangedoen.
So groot verantwoordelikheid word my opgelê.
Plaas die regte woorde in my mond.
Spreek deur my tot U geliefde.
Heer, graag wil ek deel wees van U wonderdade.
Gebruik my om ander tot geneesing vna die siel te lei.
Heer, skryf U self die woorde van my gedigte in hul harte.
U liefde is veel meer as wat ons ooit sal kan verstaan.
Heer, hou my naby U sodat ek elke lieflike oomblik in U Heiligheid mag ervaar.
Watter wonderlike God dien ons nie.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply