‘n Gedig oor jou

Jou gelukkigste oomblik vang Ek vas vir die eerste lente sonskyn jou mooiste glimlag gee Ek vir ‘n digter om in woorde om te sit jou loflied aan My gee Ek vir die liedjieskrywer vir sy debuut Maar jou hartseer vou Ek toe in My hand
jou pyn het reeds, deur die spykers in My hande, in die grond geplof elke traan wat jy huil vang Ek op om die reviere te voed
My geliefde kind, hierdie gedig dra Ek aan jou op
jy is meer kosbaar as wat jy ooit besef ander sien My wonderwerk in jou sommiges is net jaloers omdat Ek groot klippe uit jou pad rol Jou toekoms het Ek reeds beplan
Jou vyand se verlies wag reeds op hom
Ek het reeds die grond voorberei waarin jy sal groei
Ek het reeds die saad geplant vir die vrugte wat jy kan pluk Die woorde wat jou siel spreek is bekend aan My
Gaan vandag in vrede op jou reis
jy is My vertoonstuk
My solo vertoning
Jy is jy omdat Ek jou geskape het
moenie ‘n leuen leef om naby ‘n ander te wees.
Onthou, vir My is jy kosbaar.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply