‘n Deel van my

‘n Deel van my het oopgeskeur vandag,
net die gedagte aan jou.
Vir ‘n oomblik het ek ophou asemhaal:
hoe moet ek verder sonder jou ?
Hoe moet ek saamleef met die wete dat ek jou vermoor het;
jou uit my lewe verskeur het omdat ek nie jou bestaan kon glo. Een oomblik van waansin:
een opdrag, sonder om na raad te luister.
‘n Doodsbevel…
‘n waansinnige oomblik van wanhoop.
Wie is ek om oor jou lewe of dood te besluit?
Maar hoe moes ek weet ?
En tog:
ek het al so lank vir jou gewag.
Die gedig is ge-inspireer deur die TV sepie Binneland, Riaan en Pippa.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply